Winter-vreugde by Bronkies

deur Frik van Zyl en Henriëtte Lubbe Dis vingervries-weer en die Hengel-Potpourri-span is vroeg uit die vere om te gaan loer wat Gauteng se hengelaars langs die damme aanvang. Met die stoom op die water in die vroeë môreson is die oewer by Bronkhorstspruitdam verlate. Gelukkig is ons watervoëls, bokke en volstruiskleintjies wat voor ons oë grootgeword het, daar om ons te verwelkom. Bo alle verwagting looi ons toe dié dag die visse, almal pragtig gesond en so tussen 3 kg en 4 kg elk. Maar een ding is sek
Back to Top