Bloedrivier Gelofte: 2016

Dit is weer amper 16 Desember, en dus vir die wat hulself sien as verbind tot die gelofte van 1838 en die daaropvolgende belofte tydens 1949 se Voortrekkermonument opening, is dit ’n belangrike dag. Daar is duisende wat jaarliks op verskeie plekke die gelofte herdenk, en nie as “versoeningsdag“ sien nie - ek en my gesin ingesluit. Ook op die oorspronklike terrein van die veldslag word die Gelofte herdenk elke jaar, onder bestuur van die feeskomitee. Hierdie kort video is nie die amptelike promosie video nie, maar dit wys van die volkskultuur en saamkuier sowel as die amptelike herdenking uit vorige jare. Aan die wat nie glo nie, of anti-Boer of anti-Gelofte is, blaai maar net verby, dis nie vir jul bedoel nie - gaan aan waarmee jul besig is - eie tyd, eie teiken.
Back to Top